Die Tweede Wêreldoorlog was 'n wêreldwye militêre konflik wat geduur het van 1939 tot 1945, alhoewel verwante konflik al vroeër begin het. Die oorlog was 'n samesmelting van twee konflikte: een wat in Asië begin het as die Tweede Sjinees-Japannese Oorlog en die ander wat in Europa begin het met die Inval van Pole. Dit was die mees wydverspreide oorlog in die geskiedenis, en het direkte betrekking gehad tot meer as 100 miljoen mense uit meer as 30 lande.

Comments