Die Eerste Wêreldoorlog was die eerste oorlog waarby lande van die hele wêreld betrokke was. Dit het van 1914 tot 1918 tussen die Geallieerdes en die Sentrale Moondhede[5] plaasgevind en het al die wêreld se grootse moondhede betrek.[6][7] As gevolg van sy sterk teenwoordigheid in die kollektiewe herinneringe van Frankryk en die Engelstalige wêreld staan dit daar steeds bekend as die Groot Oorlog (Engels: The Great War, Frans: La Grande Guerre).[8]

Comments