Die Eerste Wêreldoorlog was die eerste oorlog waarby lande van die hele wêreld betrokke was. Dit het van 1914 tot 1918 tussen die Geallieerdes en die Sentrale Moondhede[5] plaasgevind en het al die wêreld se grootse moondhede betrek.[6][7] As gevolg van sy sterk teenwoordigheid in die kollektiewe herinneringe van Frankryk en die Engelstalige wêreld staan dit daar steeds bekend as die Groot Oorlog (Engels: The Great War, Frans: La Grande Guerre).[8]
Die Tweede Wêreldoorlog was 'n wêreldwye militêre konflik wat geduur het van 1939 tot 1945, alhoewel verwante konflik al vroeër begin het. Die oorlog was 'n samesmelting van twee konflikte: een wat in Asië begin het as die Tweede Sjinees-Japannese Oorlog en die ander wat in Europa begin het met die Inval van Pole. Dit was die mees wydverspreide oorlog in die geskiedenis, en het direkte betrekking gehad tot meer as 100 miljoen mense uit meer as 30 lande.
Grace Brewster Murray Hopper (New York Stad, 9 Desember 1906 – Arlington, 1 Januarie 1992) was 'n Amerikaanse wiskundige, rekenaarpionier, wetenskaplike en offisier (admiraal) in die Amerikaanse vloot. Hopper is een van die eerste persone wat die noodsaaklikheid van hoërvlak programmeertale erken. Sy skryf die eerste vertaler en haar idees beïnvloed die COBOL-taal grootliks.
Rekenaarprogrammeerders of rekenaarprogrammeurs skep, wysig en toets die vorms, skripte en bronteks wat vir die rekenaar sê wat om te doen. Hulle dien as die skakel tussen die operateur en die rekenaar.
Die terme rekenaarprogram, sagtewareprogram, of slegs program word gebruik om te verwys na beide 'n uitvoerbare program of die stel bronkode wat saamgestel word om 'n uitvoerbare program te skep.
Toepassingsagteware is gewoonlik die rekenaarprogramme wat gebruik word vir die uitvoer van 'n spesifieke taak. Dit staan in kontras met 'n stelselsagteware wat die basiese stel programme is wat toelaat dat programme toegang kan verkry tot die hardeware, en gebruik word om toepassingsagteware uit te voer.
Die programmatuur wat dit moontlik maak vir 'n rekenaargebruiker om die hardeware binne die rekenaar en geïnstalleerde sagteware te kan gebruik of manipuleer. 'n Basiese rekenaar het slegs 'n BIOS (Basic Input Output System) wat die rekenaar effektief net kan aanskakel. Om programmatuur op die sisteem te laai wat die bedryf van die rekenaar toelaat is bedryfstelsels nodig. 'n Bedryfstelsel sluit nie werklik toepassingsagteware in nie, maar is die onderleg van die rekenaar se funksies. Benewens die bedryfstelsel kan toepassings gelaai word. Microsoft Office, OpenOffice.org, StarOffice en